gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Dopper Bioskoop Vrydag 14 Junie 2019

Die aanbreek van die vakansie is gevier met ʼn heerlike Dopper-Bioskoop op Vrydagaand die 14de Junie.

Daar was n baie mooi opkoms en ons het afgeskop met koeldrank en heerlike pannekoeke soos net Tannie Marietjie en Oom Danie dit kan bak. Dit was absoluut heerlik en daar was tonne om te eet. 

Daarna het Ds Faan ʼn mooi toerusting geleentheid aangebied waar hy gepraat het oor hoe Christene, jonk en oud, met films moet omgaan en hoe die ouderdoms beperkings werk, en ook verander het in die nuwe bedeling, en hoe ons as gelowiges versigtig moet wees om nie aan die wêreld gelyk te word nie. Hy het ons ook met ʼn mooi teks gelaat: 1 Kor 14:20 “... moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.”

Daarna het almal lekker springmielies (“Popcorn” in Afrikaans) geëet en het ons Chariots of Fire gekyk. ‘n Film wat handel oor die gebeure rondom die 1924 Olimpiese spele met spesifieke fokus op twee atlete, ʼn Christen – later sendeling (Eric Lidell) wat hardloop tot eer van God en ʼn Joodse atleet wat veg teen die anti-Semitiese vooroordele van die tyd. Dit is ʼn Film gebaseer op n ware verhaal wat 4 Oscars gewen het en ook bestempel word as nr. 129 van die top 100 Britse films van alle tye. (Dank aan Werner wat die aanvanklike klank probleempie kon uitsorteer)

Die aand is afgesluit met ʼn kort bespreking en lange warm sjokolade.

Dank aan al die kinders en ouers wat kom help het en sommer ook saam gekyk het. Ons waardeer elkeen van julle.

Dank aan Oom Danie en Tannie Marietjie wat nie net die pannekoeke kom bak het nie maar sommer ook al die kostes self gedra het, as ʼn skenking aan die Jeug.

Dankie aan Fanie Meyer wat die geleentheid kleur gegee het om op eie onkoste sommer vir elke film-ganger ʼn pakkie Springmielies gemaak het.

Groete

Charl en Ds Faan