gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Sustersoggend: Piekniek by Ibis Nest Saterdag 9 Februarie 2019

Vanjaar se sustersoggend het ons weggevoer tot die rustigheid van die natuur by Ibis Nest. Tannie Lettie het ons genooi om by hulle op die plot te kom piekniek! Die susters was omtrent bederf met ‘n ete uit die boonste rakke – elke tafel het ‘n piekniekmandjie vol smul-lekker happies gehad. ‘n Spesiale programmetjie is ook vir ons uitgewerk. Eers het Rialette vir ons geopen met ‘n uiteensetting van Psalm 23 waarna ons in groepe van 4 die ysbreker aangepak het. So het ons dan ook die oggend afgeskop met toiletpapier! Die ys was behoorlik gebreek. Terwyl ons lekker gekuier het, het Susan vir ons pragtige liedere gesing begelei deur Dawid, waarna Faan vir ons ‘n viool stukkie gespeel het wat baie van ons tot trane gebring het.

Baie dankie vir tannie Lettie en tannie Rita wat die oggend vir ons so mooi gemaak het – ons het heerlik ontspan en saam gekuier!