gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.
Vroeg-oggend afskop Gemeente Aksie 19 Januarie 2019

Baie vroeg dié Saterdagoggend het ‘n klompie van ons gemeentelede (van jonk tot oud!) die bult op trotseer per voet – tot bo by die kruis. Oom Danie was weer voor op die wa en het sommer heel eerste bo aangekom – dit wil gedoen wees!! Na dié lekker opwarming het Ds Faan vir ons ge-open met skriflesing en ‘n bespreking van ons tema vir die jaar. Daarmee saam kon ons die pragtige sonsopkoms sien en die wonder van God se natuur aanskou van daarbo.

Na die lekker uitstappie is ons weer terug na die kerk waar ons saam ‘n ontbytfees gehad het van die diakonie. Saam het ons gesmul daaraan en die jaar afgeskop met ‘n gesellige byeenkoms. Dankie aan elkeen wat so ‘n spesiale oggend gereël het.