gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

toet toet toet…..!!!!! TOET…..!!!!!! TOET…..!!!! TOET…..!!!!! toet toet toet…!!!!!

HIER VOLG ‘N NOODBERIG

SILWER-OUES RUK HAND UIT OP DIKHOLOLO !!!!!
Koos Saunders 21 September 2018

Dis toe darem nie so erg nie. Eerstehandse bronne berig dat die Silwer-oues se ‘Mid-week’ vakansie op Dikhololo ‘n volslae sukses was. Daar word bevestig dat ‘n soort gelyke vakansie reeds in die beplannings fase is.

Dit was heerlik om saam te kuier en te lag en ons trommel dik te eet. Van tant Sannie se melktert praat ons nie, dit kan probleme veroorsaak.

Ons het geswem, gestap en Put-Put gespeel. “Fillie as jy volgende keer weer ‘a hole in one’ slaan, haak ons vas op die negentiende putjie op jou onkoste. Anne-Marie ek dink dis tyd dat jy vir jou ‘tjoepies’ kry, jy maak Maritha se senuwees klaar in die swembad.”

Die mense met lang-lense was besonder gelukkig op die wildbesigtigings. “Ek wonder net waarom die sebras altyd wegstap as mens mik en druk. Is dit die beste part van ‘n donkie?”

Die stappers is vroeg-oggend uit die kooi voor die son dooie-rus kon vat. Al wat ek kan sê is, ‘min blare pêlle’ volgende keer stap ek saam.

Die bokdrol spuug-kompetisie het vir groot opwinding en lag gesorg. “Danie ek dink jy’t ‘n hele paar dae in die skaapkraal deurgebring om so ‘n spoeg te spoeg. Of was jy dalk net naar?” Ek sal jou liewer nie uitdaag nie; hier by ons lê net ‘donkie drops’ rond.”

Op ‘n meer ernstiger noot: Dis jammer van oom Wim se besering. Ons bid hom sterkte toe. Sy getuienis van die aand voor sy val, is die spore van herinnering wat ons altyd by sal bly.

Die Bybel studie met betrekking tot gebed was vir almal van groot waarde. ‘n Opregte kort gebed soos: ‘Here help my!!!’ het meer waarde as ‘n ydele herhaling van woorde. Onthou ook altyd hoe die Here ons geleer het om te bid. “ds Faan, miskien is ‘n preek oor die gebed nie ‘n slegte idee nie. Dan kan almal hoor.”

Veels geluk aan Ds. Faan en Magda met die nuwe kleinkind. Dis ‘n groot seën van ons Skepper. Mag sy vir julle net vreugde wees.

Ook aan Amanda. “Amanda dis lekker om te ‘brag’ noudat jy weer gaan ouma word né. Ek sê nog steeds jy lyk veels te goed om tussen die bejaardes te tel.”

Veels geluk en baie dankie aan Danie en Marietjie Marais asook Johan en Maritha Enslin vir al die reëlings en moeite wat daarmee gepaard gaan. Baie dankie aan Ds. Faan en Magda vir jul toegewyde belangstellng en meelewing. Met julle as pastorie-paar sal ons hier op Heidelberg nog berge versit. “Faantjie dankie ook vir jou bystand elke dag. Miskien stap ons nog die Drakensberge so plat soos Tafelberg.
 
Al wat oorbly is: Groete van huis tot huis. Tot volgende keer.
373c09c0-9dc0-435e-b0dc-6143db357037
7365f326-b287-45ea-98dc-92e7f52f9bcf
97f21e4d-70e7-435a-b504-30c4fc6e39f0
4c1d3f15-926e-4aa3-861d-f433d24a6584
b84871ee-cb24-4e40-845a-a424d8b60805
e72857cb-494d-433d-8f91-5ec9e174ce67
b933a4de-3339-40fb-b136-a45c34659990
67b335a8-b41d-43f3-a648-f3a12a2d268a
1c80352f-8abf-4d63-b148-fb4faad59353
6fe91627-25ef-4410-a41e-23d7b6549a59
e1cfd56b-45ea-47b3-8d21-57111177b6fc
be2ad780-7c31-409c-91e5-a04be1b21207
1131e25a-2805-4cff-9688-4877a8922726
49d5bd0c-c4f0-47e9-b150-4b786e994bee
49141432-006a-4268-9ed6-7bac5517d94e
0fcdb9ad-473a-4129-8385-b440fc058238
8696ec3b-147a-4d11-98ab-35c70e293953
a92c4db2-f8d2-4d92-ab4e-509f4dfb30be
bed9e535-0a98-47e7-8dbe-10be4100d2af
5037083b-2bf8-43e9-a70b-3a950aa36d7c
7ca8e0ad-ee5a-49f3-a7d3-0f602b1b0861
d790723b-24a2-46c0-87c8-6325965c8b51