gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

12. Eerste verwelkomings
10. n Groot verassing
11. Susters sing vir Magda
6. Lekker koek en happies
9. Magda verras Magda
4. Saal opgetooi
17. Lekker saam kuier
7. Lekker koek en happies
8. Geskenk en blomme
2. Ons wag buite
5. Saal opgetooi
20. Lekker saam kuier
1. Ons wag buite
13. Toespraak van Maritha
19. Die susters
14. Magda se nuwe voertuig
3. Saal opgetooi
18. Lekker saam kuier
16. Stofsuier as geskenk
15. Magda bedank vir verassing en geskenke

Verassingspartytjie Vir Magda Se Verjaarsdag – 8 September 2018

Soos elke jaar tevore, het ons predikantsvrou verjaar op 7 September. Om die geleentheid te vier het die susters besluit om haar te verras met ‘n intieme partytjie by die Van Dyks Gastehuis. Alles is noukeurig gereël sodat Magda niks sou vermoed nie. Die susters het voor bymekaar gekom terwyl Magda agter ingelaat is om saam met die ander Magda te kuier – min wetend dat ons ‘n groot verassing vir haar het.

En was dit ‘n verassing! Magda was omtrent verbaas en kon nie glo wat sy sien nie. Die susters het haar toegesing vir haar verjaarsdag waarna Maritha haar bedank het vir haar harde en getroue liefdeswerk in ons gemeente. Elkeen van die susters kon haar woorde beaam.

Magda moes ook ‘n paar gevleulde woorde spreek – sommer so onvoorbereid! Daarmee saam het sy ‘n nuwe ‘voertuig’ ontvang as geskenk – haar eie besem met ‘n klein Matewis om haar te vergesel deur die huis – sowel as ‘n nuwe stofsuier vir die pastorie.

Die oggend het ons heerlik saam gekuier en van die happies geniet wat elkeen gebring het. Baie dankie vir die susters wat die oggend vir ons gereël het, sowel as Van Dyks Gastehuis wat hulle geriewe vir ons beskikbaar gestel het.