gkheidelberglogo

Gebeure FacebookIcon

Bydraes met fotos sal verwelkom word van enigeen by nuus@gkheidelberg.co.za.

Paasprogram en gemeente ete – 11 Maart 2018

Na die oggend erediens is daar ‘n paasprogram onder leiding van teologiese student Hendrik Verryn aangebied. Die katkisasie kinders het die program begin deur Psalm 100 vers 1 tot 4 te sing. Die program het verder bestaan uit gemeentesang en voorlesings uit die Bybel.

Daarna is ‘n heerlike ete voorgesit onder leiding van Magda Smit en Elmarie Coetzee. Op die spyskaart was paptert, wors, slaaie en broodrolletjies. Vir nagereg was daar ‘n appelpoeding en roomys.

Die nuwe intrekkers in die gemeente is ook verwelkom tydens die ete: Ds. Kobus Marais (emiritus) en sy vrou Isabel, Werner en Marieke Das, Casper en Sonette van Wyk en hul twee dogters, Mieke en Carla. Teologiese student Hendrik Verryn en sy vrou Ernia was ook van die eregaste.

Die kos tafels was weer baie mooi gedek en die kos heerlik. Dit was weereens ‘n geleentheid waar gelowiges saam kon kuier en mekaar beter leer ken.